Hierdie woonhuis op die Kranspoort Gholfbaan bied u 'n baie groot oopplan leefruimte met sitkamer, eetkamer en kombuis. Die huis is prakties ontwerp met gemak en gesellige kuiers as die oogmerk. Die sitkamer stap uit met alliminium opvoudeure na die onthaalarea met binnebraai en dan uit op die buite stoep en boma area. Met 'n 8KW inverter en 4 lithium battery solar sisteem geinstalleer sowel as ekstra voorsiening vir water met 'n 5000Lt opgaartenk met 'n watersuiwerings sisteem en versagter, sal u in gemak kan leef in hierdie prag woning.
Die kombuis is modern met 'n baie groot eiland waar heerlik om die eiland gekuier gaan word terwyl daar kos voorberei word in die elektriese oond of op die 4 plaat gasstoof. Die kombuis is prakties ontwerp met genoeg kaste, laaie en pakplek vir kruideniers.
Die hoofslaapkamer het ongelooflilk baie kaste en 'n ruim sinlike...

Die hoofslaapkamer het ongelooflilk baie kaste en 'n ruim sinlike en-suite badkamer met dubbelwasbak, gemaklike groot bad, 'n stort en toilet. Daar is ook 'n ekstra linnekas. Die twee gastekamers kan beide ook 'n koningsgrootte bed inpas met bedkassies en 'n spieelkas en selfs ekstra sitplek sou u dit wou. Hier is beslis nie 'n tekort aan ruimte en spasie in hierdie pragtige woning nie, en u sal gladnie ingeperk voel met die lieflike omgewing sigbaar vanaf feitlik elke vertrek in hierdie woonhuis nie.
Die dubbel motorhuis het 'n elektriese motordeur en is groot genoeg vir ekstra lang voertuie of selfs 'n karavaan. In hierdie ekstra grote dubbel motorhuis is daar dan ook voorsiening gemaak vir die wasarea wat uitstap op 'n toegeboude binnehof waar wasgoed ''uit die oog'' gehang kan word. Hier is dan ook ekstra buite geriewe. Voor die motorhuis is daar addisionele onderdak parkering wat toegemaak is met ook 'n elektriese motorhuisdeur vir addisionele 4 voertuie. Daar is 'n dubbel tandem afdak, uiters netjies, vir u karavaan en boot.
Aangrensend tot die groenstrook met Maroela en Lekkerbreek wat imposant pronk in die omgewing. Swartwitpens, Zebras, Nyala en Vlakvark sal gereeld by u voorstoep verby beweeg of heerlik op die gras kom wei en onder die bome kom rus in die warm somer.
Kranspoort is 'n pragtige dorp op die N11 tusssen Middelburg en Groblersdal met 'n sekuriteit beheerde ingang en omhein. Daar is 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 putjie Gholfbaan, jukskei bane, 'n Raasblaarsaal, piekniek plekke, visvang areas en vele meer om hier in die omgewing te doen. Op Kranspoort is inwoners konsidererend en almal hier wil in rus en vrede in die pragtige omgewing woon. Hier kan kinders en kleinkinders nog op hul fietse gaan ry of stap en die bos gaan verken sonder enige bekommernis.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie lieflike woning te kom besigtig.