ALLEENMANDAAT: Hierdie lieflike Boshuis is verseker iets besonders en anders. Die pragtige tuin is die verkopers se trots en die woonhuis is ingerig vir gerief, gemak en heerlike saam kuiers. Daar is 3 slaapkamers waarvan 2 slaapkamers deel is van die hoofhuis en 'n 3de slaapkamer onder op grondvlak. Die trappe na die boonste vlak is gemaklik, stewig en het reelings aan beide kante. Daar is 'n ingangsportaal, oopplan kombuis, sitkamer en eetkamer. Die hoofslaapkamer het sy eie privaat sithoekie, genoeg ingeboude kaste en 'n en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet. Daar is 'n lugverkoeler en 'n dakwaaier geinstalleer. Die gastekamer het ook ingeboude kaste en die gastebadkamer is toegerus met 'n bad, wasbak en toilet. Die gastekamer het 'n dakwaaier.
Die kombuis is 'n oopplan ontwerp met sitkamer en eetkamer waar die eienaars tans 'n groot eetkamertafel...
ALLEENMANDAAT: Hierdie lieflike Boshuis is verseker iets besonders en anders. Die pragtige tuin is die verkopers se trots en die woonhuis is ingerig vir gerief, gemak en heerlike saam kuiers. Daar is 3 slaapkamers waarvan 2 slaapkamers deel is van die hoofhuis en 'n 3de slaapkamer onder op grondvlak. Die trappe na die boonste vlak is gemaklik, stewig en het reelings aan beide kante. Daar is 'n ingangsportaal, oopplan kombuis, sitkamer en eetkamer. Die hoofslaapkamer het sy eie privaat sithoekie, genoeg ingeboude kaste en 'n en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet. Daar is 'n lugverkoeler en 'n dakwaaier geinstalleer. Die gastekamer het ook ingeboude kaste en die gastebadkamer is toegerus met 'n bad, wasbak en toilet. Die gastekamer het 'n dakwaaier.
Die kombuis is 'n oopplan ontwerp met sitkamer en eetkamer waar die eienaars tans 'n groot eetkamertafel in het vir wanneer die kinders almal kom kuier. Hier is ook 'n lugverkoeler geinstalleer. Die area is groot genoeg om 'n eetkamerstel in te pas sowel as 'n sitkamerstel. Die kombuis het 'n lieflike ooghoogte oond met elektriese hob en daar is 'n aparte opwasarea met genoeg plek vir 'n wasmasjien, yskas en skottelgoedwasser.
Die kuierarea het 'n ingeboude kroeg en kyk uit op die pragtige parkland/groenstrook area waar wild gereeld deurloop. So stukkie ''wildtuin'' waarop jy kan afkyk vanuit die houtdek uitkykpunt. Wat 'n belewenis! Onder die woonhuis is daar 'n baie netjiese studeerkamer en die 3de slaapkamer. Hier is ook 'n 'n werkskamer, 'n stokperdjiekamer en 'n groot stoorkamer met toiletgeriewe.
Die lieflike swembad is in 'n uitstekende kondisie en hier is 'n onthaalkamer asook braaigeriewe en 'n groot jaccuzi waar vriende en familie heerlik kan kuier en baljaar. Die swembadarea is uiters privaat en omhein. Orals in die tuin is daar sithoekies en iets wat verras. Daar is 'n skadunet kweekhuis met 'n 5000Lt water opgaartenk naby. Die area is netjies geplavei en ideaal vir 'n blomme liefhebber wat hier clivias en orgidees kan kweek. Daar is 'n dubbel skadunet afdak vir parkering vir twee voertuie en aan die ander kant van die huis, met 'n aparte ingang, 'n skadunet afdak vir 'n groot karavaan. Die huis is toegerus met 'n boorgat maar gebruik dorpswater vir huishoudelike gebruik. Daar is besproeiing vir die tuin.
Hierdie pragtige ''loghome" bied soveel verrassings en u sal verseker hier rus en vrede ervaar in die natuur. Met goeie bure aan beide kante gaan u gou ingeburger voel op Kranspooort. Kranspoort dorp is enig en uniek in soort. 'n Stukkie juweel tussen Middelburg en Groblersdal op die N11 en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam. Kranspoort dorp word hanteer as 'n echo estate. Boslewe met gemak. 'n Dorp met sy eie watersuiweringsaanleg, abbatoir, 9 putjie gholfbaan, 4x4 roetes, staproetes, wild wat vrylik tussen die woonhuise deurbeweeg, 'n Raasblaarsaal wat gehuur kan word vir verjaarsdae en byeenkomste, genoeg piekniekplekke, 'n baie aktiewe jukskei klub, 'n markdag wat gereeld aangebied word, 'n 9 putjie golfbaan en visvang plek. Goeie bestuur en beheer oor paaie en dienste is hier 'n gegewe.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie pragtige huisie in die bos te besoek.