Die Oog Afreelandgoed is gelee net buite die sonnige dorp - Naboomspruit -in Limpopo Provinsie.
Behalwe vir al die fasiliteite en dienste bied Die Oog ook die volgende aan sy inwoners:
* 'n Vakansie-oord leefstyl
* Mediese gemoedsrus
* 'n Fokus op aktiewe veroudering met al die dienste en ondersteunings programme wat daarmee gepaard gaan.
Die eenheid het 2 gemaklike slaapkamers en ook 2 badkamers.
Die skuifdeure van die kamer en sitkamer maak oop na 'n gesellige buite tuin.