- REDUCED
7.7185 Hektaar hoewe te koop nie ver buite Potchefstroom nie. Die hoewe bestaan uit 'n 3 slaaplamer huis met baie buite geboue. Groot stoor wat tans gebruik word vir 'n werkswinkel. Slagkamer wat 'n koelkamer insluit. 3 Pakkamers en store. 3 Boorgate waarvan 1 toegerus is pomp ongeveer 25 000 liter per uur. 2 Natuurlike damme op die hoewe. Hoewe is verdeel in 6 kampe en tans word skape in een van die kampe aangehou. Reuse tuin onder besproeiing, swembad en gerieflike huis met kuierarea. 3 Motorhuise en baie ekstra parkering. Soveel om te sien maak gerus 'n afspraak met Debbie Kleynhans