Bo-Karoo bied aan Lieflike siersteen huis te koop in die gesorgte gedeelte in Orania-Wes!
Die eiendom is baie sentraal gelee en is binne loopafstand van sentrale dorps gebied. Die hoofhuis bestaan uit woongedeelte met oopplan leefarea, kombuis met spens, baie pakplek met oorgenoeg ingeboude kaste in die kombuis. Die hoofslaapkamer is baie ruim met dubbele ingeboudekaste met vol badkamer. Die vertrek is lig met baie ruim vensters en skuifdeure wat uitstap stap na buite oop stoep area. Die 2de slaapkamer kan as studeerkamer gebruik word.
Die 3de slaapkamer vorm deel as eenman woonstel wat ideaal toegerus met oop plan slaapkamer, leefarea en kombuis, met aparte stort en toilet. Die vertrek het ook aparte ingang.
Die enkel motorhuis is toegerus met netjiese geteelde vloere en het 'n plafon in en kan maklik in nog 'n enkel wooneenheid omskep kan word. Daar...
Bo-Karoo bied aan Lieflike siersteen huis te koop in die gesorgte gedeelte in Orania-Wes!
Die eiendom is baie sentraal gelee en is binne loopafstand van sentrale dorps gebied. Die hoofhuis bestaan uit woongedeelte met oopplan leefarea, kombuis met spens, baie pakplek met oorgenoeg ingeboude kaste in die kombuis. Die hoofslaapkamer is baie ruim met dubbele ingeboudekaste met vol badkamer. Die vertrek is lig met baie ruim vensters en skuifdeure wat uitstap stap na buite oop stoep area. Die 2de slaapkamer kan as studeerkamer gebruik word.
Die 3de slaapkamer vorm deel as eenman woonstel wat ideaal toegerus met oop plan slaapkamer, leefarea en kombuis, met aparte stort en toilet. Die vertrek het ook aparte ingang.
Die enkel motorhuis is toegerus met netjiese geteelde vloere en het 'n plafon in en kan maklik in nog 'n enkel wooneenheid omskep kan word. Daar is ook wasmasjien / Landromat konneksies en die vertrek bied aparte stort, toilet en wasbak geriewe.
Die binnedeure verbind die huis, motorhuis en woonstel wat gerieflik is vir meer ruimte of kan selfs gebruik word of as 2 of 3 wooneenhede wat addissionele inkomste kan verseker. Die voor aangesig beskik oor Baksteen muur wat meer privaatheid verseker van die straat af.
Verblyfsreg is 'n vereiste.
Kontak ons om besigtigings afspraak te reel.