As oop leefruimtes, dubbel volume vertrekke, groot kamers en 'n heerlike onthaalarea met 'n swembad en kuierarea 'n voorkeur by u is, is hierdie eerlikwaar 'n eiendom om te besoek. Die styl in die huis is rustiek en die kombuis, badkamers, leefarea en onthaalarea weerspieel hierdie in die sementvloere, oop kombuis en aantrekkaste, die kombinasie van pleister, growwe pleisterwerk en steen. Die woonhuis bestaan uit 5 slaapkamers en 3 badkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n en-suite badkamer het met toilet, wasbak en stort. Die hoofslaapkamer en 2de slaapkamer het alliminium oop skuif deure wat uitstap op die oop leefplan/onthaalarea - dog privaat met gordyne wat selektief toegetrek kan word. Die oopplan is verbasend indrukwekkend en die uitsig vanaf die hoofslaapkamer en onthaalarea is asemrowend mooi. Met 'n ekstra erf wat saam met die woonhuis verkoop word,...
As oop leefruimtes, dubbel volume vertrekke, groot kamers en 'n heerlike onthaalarea met 'n swembad en kuierarea 'n voorkeur by u is, is hierdie eerlikwaar 'n eiendom om te besoek. Die styl in die huis is rustiek en die kombuis, badkamers, leefarea en onthaalarea weerspieel hierdie in die sementvloere, oop kombuis en aantrekkaste, die kombinasie van pleister, growwe pleisterwerk en steen. Die woonhuis bestaan uit 5 slaapkamers en 3 badkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n en-suite badkamer het met toilet, wasbak en stort. Die hoofslaapkamer en 2de slaapkamer het alliminium oop skuif deure wat uitstap op die oop leefplan/onthaalarea - dog privaat met gordyne wat selektief toegetrek kan word. Die oopplan is verbasend indrukwekkend en die uitsig vanaf die hoofslaapkamer en onthaalarea is asemrowend mooi. Met 'n ekstra erf wat saam met die woonhuis verkoop word, sowel as 'n opsionele ekstra bosveld erf wat u 'n aanbod op kan maak, agter by die swembadarea, vorm die woonhuis se erf en ekstra erf saam met die addisionele erf van R375 000 saam 'n erf van 3675 vierkante meter. Bosveld erf aan swembadkant en oop erf aan uitsig kant.
Slaapkamer 3 was gebruik as 'n gimnasium kamer, maar het ook ingeboude kaste en kan dadelik weer omskep word in 'n ruim slaapkamer. Kamer 2 & 3 word bedien met 'n badkamer met bad, toilet en wasbak. Kamer 3 & 4 word bedien met 'n badkamer met bad/stort, toilet en wasbak. Baie ruim slaapkamers met hoe oopbalke skep 'n "oop gevoel" van ruimte en spasie. Al die kamers het groot vensters.
Die onthaalarea stap uit met groot opvou skuifdeure op 'n pragtige swembad aan bosveld erf kant, en is netjies omhein vir privaatheid. Daar is ook 'n boma area waar heerlik gekuier kan word op laat warm Somersaande. Die huis is ver terug op die erf gebou met 'n ideal ingang vir 'n boot en/of karavaan en twee voertuie. Daar is gemaklike omdraaispasie vir die boot en karavaan. Groot stoor onder die woonhuis vir pakplek, boot toerusting en tuin gereedskap.
Die aangrensende erf het 'n toegeruste boorgat en kan apart gekoop word vir R385 000 en gekonsolideer word in die bestaande erf waarop die woonhuis is. Die erf is oop en groot waar kleinkinders heerlik kan baljaar. Dit is hierdie veilige leefstyl wat Kranspoort enig en uniek maak. Indien u egter nie sou belangstel om die erf ook aan te koop nie, sal u met gemak kan oorskakel na Kranspoort dorpswater wat spog met ''blou water status" en u water dan verkry van Kranspoort vir huishoudelike en tuin gebruik.
Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis. Kranspoort bied aan inwoners 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgholf, 'n klubhuis waar etes bestel kan word, restaurante in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, drankwinkel en Kudu Mini Market, stooreenhede, 'n mini hardeware winkeltjie reg oorkant die ingang van Kranspoort, asook die Mossienes kwekery in die omgewing.
U is meer as welkom om my te kontak vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besigtig.