Kom kry jou eie stukkie bosveld net buite Modimolle. Die huis is ten volle gemeubileur en toegerus met solar panele.
Die 3-slaapkamerhuis is toegerus met 3 lugversorgers vir daardie lekker warm dae. 'n Swembad en heerlike groot afdak en braaigeriewe maak die Bosveld kuier en braai besonders. Trappies teen die berg op lei na 'n privaat kuierplek met 'n uitsig oor die hele plaas en omgewing.
Daar is 'n groot woonstel op die erf gebou. Al die kaste en badkamer toerusting is daar, maar moet nog geinstalleer word.
Op die 6ha kleinhoewe is twee boorgate. Net een is toegerus wat voldoende is om in al die behoeftes van die kleinhoewe te voorsien. Daar was al met waatlemoene en mielies op klein skaal geboer. Daar is genoeg plek vir 'n paar skape of bokke en hoenders.
Alle toerusting is by die koop ingesluit - 2 trekkers, "4-wheeler", 2 grassnyers agter die trekkers, 'n...
Kom kry jou eie stukkie bosveld net buite Modimolle. Die huis is ten volle gemeubileur en toegerus met solar panele.
Die 3-slaapkamerhuis is toegerus met 3 lugversorgers vir daardie lekker warm dae. 'n Swembad en heerlike groot afdak en braaigeriewe maak die Bosveld kuier en braai besonders. Trappies teen die berg op lei na 'n privaat kuierplek met 'n uitsig oor die hele plaas en omgewing.
Daar is 'n groot woonstel op die erf gebou. Al die kaste en badkamer toerusting is daar, maar moet nog geinstalleer word.
Op die 6ha kleinhoewe is twee boorgate. Net een is toegerus wat voldoende is om in al die behoeftes van die kleinhoewe te voorsien. Daar was al met waatlemoene en mielies op klein skaal geboer. Daar is genoeg plek vir 'n paar skape of bokke en hoenders.
Alle toerusting is by die koop ingesluit - 2 trekkers, "4-wheeler", 2 grassnyers agter die trekkers, 'n gholfkar en sleepwa.
Hierdie is 'n baie veilige area. Hoë heinings reg rondom die eiendom en kamera's geinstalleer.